Welkom

Laat jou liggie skyn is die produk van jare lange werk, ‘n passie vir kinders en inspirasie van God. Die woord sê in Matt 5:14-16 AFR1953 “Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” Ons kinders is uiters waardevol in God se koningkryk en dit is ons as ouers se verantwoordelikheid om hulle te beskerm teen die invloede van die wêreld. Laat jou ligie skyn is ‘n dvd en cd kombinasiepakket met unieke storievertellende Afrikaanse, christelike saamsing en dansmusiek vir kinders tussen een en nege. Dit is waarlik ‘n moeitewerd produk wat urelange genot vir jou kinders sal verskaf, maar tog ewigheidswaarde het. Laat jou liggie skyn kan bestel word vir R130 posgeld ingesluit, deur ‘n email te stuur aan info@wessiewonder.co.za. Meer besonderhede word verskaf op die kontakbesonderhede blad. Die DVD / CD kombinasie sal ook eersdaags beskikbaar wees in musiekwinkels.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>